DescriptionLux Verbi.BM is het ontstaan uit die oudste uitgewersmaatskappy in Suid-Afrika, NG Kerk-Uitgewers, wat in 1818 gestig is. Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika, wat uit dieselfde moedermaatskappy ontstaan het, versprei steeds miljoene Bybels elke jaar. Lux Verbi en Bybel-Media se besigheidseenhede het in 1999 saamgesmelt om 'n sterk, opwindende nuwe maatskappy te vorm; dit is Lux Verbi.BM genoem. Bybel-Media is steeds 'n onafhanklike maatskappy, wat die bedienings bestuur. Ons is nou beter daartoe in staat om effektief te voorsien in die behoeftes en vir die uitdagings van die nuwe millennium … media vir Christus in Afrika en verder. Lux Verbi.BM is in 1999 in die Naspers-groep, die grootste mediagroep in Afrika, opgeneem. Napers, met hulle wêreldwye visie en verstaan van tegnologie, bied aan ons die platform om verder te groei en te ontwikkel. In 2002 het Lux Verbi.BM die strategiese besluit geneem om die kleinhandel-aspek van ons besigheid na een van Naspers se kleinhandelafdelings, Van Schaik, te verskuif. Naspers het besluit om al hulle verskillende besigheideenhede saam te smelt; gevolglik is alle kleinhandelsake – wat die Lux Verbi-boekwinkels ingesluit het – verder deur Van Schaik bestuur. Hierdie besluit het dit vir Lux Verbi.BM moontlik gemaak om te fokus op groothandel en die ontwikkeling van inhoud. Lux Verbi.BM het onlangs die regte verkry om produkte te versprei van internasionale uitgewers soos LifeWay International en Zondervan, asook die verspreidingsregte vir die NIV Bybel in Suid-Afrika en die res van Afrika. Ons doelwitte
Ons strategieë om bogenoemde doelwitte te verwesenlik
|