The Susan Strijdom School for mentally handicapped children in Nylstroom. Susan Strijdom special school
Cintact person: Coetzer H.J
Phone Number: 014 717 3768
Category of disability:-
- Mild Intellectual Challenged
Service offered to learners:-
-Basic Education
-Life orientation
-Workshops.e.g.Woodwork, Building, Computer training.etc
Number of learners: 352
There are boarding facilities
Number of learners in boarding facilities: 19
Admission criteria: 12 to 19 yrs
Admission procedure: Assessment test Contact person:Mr.J.Labuschagneb Telephone number:014 737 7746 Cell phone number:082403 93 58 Fax number:015 717 23 94 Die Susan Strijdom skool het sy ontstaan in Schoemansdal naby Louis Trichardt gehad. Die skool is in Nylstroom ( Modimolle ) sedert 1962. Die leerders in die skool is matig verstandelik gestremd m.a.w. ’n LSOB – skool, dit is leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes. Die voedingsgebied is hoofsaaklik die Nylstroomomgewing. Daar word ook kinders van Bela-Bela en tot so ver as Potgietersrus en Ellisras in die koshuis geakkommodeer. Op akademiese gebied word die leerders onderrig in Afrikaans, Engels, Sepedi, Wiskunde, Sosiale- en Natuurwetenskap, Lewensoriëntering, Tegnologie en ’n Leessentrum met behulp van rekenaars en entrepreneurs. Verder kry hulle tegniese opleiding in die sentrums in winkel- en kantoorpraktyk, naaldwerk, hotel en spyseniering, rekenaartik, plaat- en metaalwerk, houtwerk, basiese tegnieke, boukunde, tegniese tekene en sweis. Baie van die leerders in die skool is mileu-gestremd. Dit plaas ook ’n groot finansiële las op die skool as gevolg van materiale wat aangekoop moet word vir die tegniese ontwikkeling van die leerders. Die skool het ook ’n voedingskema vir die leerders, asook ’n klerebank waaruit die behoeftige leerders van skoolklere ( veral in die winter ) en ander klere voorsien word. Hierdie leerders vorder moeilik in die hoofstroomskole. By Susan Strijdomskool word daar gepoog om die leerders kennis en vaardighede aan te leer om trots en menswaardig na Graad 10 in die gemeenskap opgeneem te word. |